Ekshibisionisme
From Wikipedia, the free encyclopedia
Ekshibisionisme is die vertoning van ’n deel van die liggaam in die openbaar wat nie gewoonlik blootgestel word nie – soos die borste, geslagsdele of boude. Dit kan wees vanweë ’n persoon se begeerte of drang om hom aan ’n groep vriende en bekendes te ontbloot, aan vreemdelinge vir hulle vermaak, vir seksuele bevrediging of om omstanders te skok.[1] In die reg word dit gewoonlik "onbetaamlike ontbloting" genoem. Om jou aan ’n intieme maat te ontbloot word gewoonlik nie as ekshibisionisme beskou nie.