Gambië
From Wikipedia, the free encyclopedia
Gambië (Engels: The Gambia), amptelik die Republiek Gambië (Republic of The Gambia), is 'n land in Wes-Afrika wat heeltemal omring word deur Senegal, behalwe vir die monding van die Gambiërivier na die Noord-Atlantiese Oseaan.
| |||||
Nasionale leuse: Progress, Peace, Prosperity (Engels vir: "Vooruitgang, Vrede, Voorspoed") | |||||
Volkslied: For The Gambia Our Homeland (Engels vir: "Vir Gambië Ons Vaderland") | |||||
Hoofstad | Banjul | ||||
Grootste stad | Serrekunda | ||||
Amptelike tale | Engels | ||||
Regering | Presidensiële republiek Adama Barrow Halifa Sallah | ||||
Onafhanklikheid | 18 Februarie 1965 24 April 1970 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
10 689 km2 (164ste) 4 127 myl2 11,5 | ||||
Bevolking - 2013-sensus - Digtheid |
1 882 450 176,1 / km2 (74ste) 456,1 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2016-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2016-skatting | ||||
MOI (2013) | 0,441[2] (172ste) – laag | ||||
Gini (1998) | 50,2 – hoog | ||||
Geldeenheid | Dalasi (GMD ) | ||||
Tydsone - Somertyd |
GMT (UTC±0) nie toegepas nie (UTC±0) | ||||
Internet-TLD | .gm | ||||
Skakelkode | +220 |
Gambië is 'n voormalige Britse kolonie en het sy onafhanklikheid verkry in 1965. Die hoofstad is Banjul (voorheen Bathurst) en die grootste nedersetting is Serrekunda. In 2013 het die land 'n bevolking van 1 882 450 gehad. Islam is die oorheersende geloof, gevolg deur ongeveer 90 persent van die land se bevolking. Gambië is met 'n oppervlakte van 10 689 km² die kleinste land op die vasteland van Afrika.
Gambië is een van net twee lande waarvan die algemene Engelse naam met 'n lidwoord begin, die ander is die Bahamas (The Bahamas).[3]