Gorani
From Wikipedia, the free encyclopedia
Gorani of Hawrami (ook Gurani,[2] Koerdies: گۆرانی, Goranî, letterlik: "lied")[3] is 'n Koerdiese taal wat deur etniese Koerde gepraat word[4] en saam met Zazaki die Zaza-Gorani-tale vorm.[2] Alle Gorani-dialekte is deur Koerdies in leksikale en morfologiese opsig beïnvloed.[4] Gorani word deur die meeste taalkundiges as 'n Koerdiese dialek beskou,[4][5][6][7] terwyl ander dit as 'n literêre taal vir Koerde beskou.[8]
- Moenie verwar word met Sorani nie.
Kitsfeite Gorani گۆرانی, Goranî, Taalkodes ...
Gorani گۆرانی, Goranî | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Turkye Irak Iran Sirië | |
Gebied: | Wes-Asië | |
Totale sprekers: | 350 000[1] | |
Taalfamilie: | Indo-Europees Indo-Irannees Irannees Wes-Irannees Noordwes-Irannees Koerdies Gorani | |
Skrifstelsel: | Arabiese alfabet, Latynse alfabet | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | ||
ISO 639-3: | hac | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Sluit
Gorani bestaan uit vier dialekte: Bajelani, Hawrami, Sarli en Shabaki, en word in beide Irak en Iran gepraat.[2] Van dié dialekte was Hawrami die tradisionele literêre en koiné-taal vir Koerde in die historiese Ardalan-streek en die Zagros,[9][10] maar dit is sedertdien deur Sentraal- en Suid-Koerdies verdring.[11]