Grens tussen Suid-Afrika en Namibië
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Grens tussen Namibië en Suid-Afrika is 1 005 kilometer (624 myl) lank.[1] Dit kronkel langs die Oranjerivier vanaf sy monding by die Atlantiese Oseaan tot by die 20 oosterlengtegraad, en dan pylreguit noordwaarts langs dieselfde lengtegraad tot by die driepunt met Botswana in die Nossobrivier.