Groot Wit Vlek
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Groot Wit Vlek op Saturnus, wat dié naam gekry het na aanleiding van Jupiter se Groot Rooi Vlek, is periodieke storms wat groot genoeg is dat dit deur ’n teleskoop van die Aarde af sigbaar is. Die storms kan oor ’n gebied van verskeie duisende kilometers voorkom.
Die Cassini-wenteltuig hou die storm sedert 2010 dop. Data van die tuig af wys ’n verlies aan asetileen in die wit wolke, ’n toename van fosfien en ’n ongewone temperatuurafname in die middel van die storm. Sedert April 2011 het die storm ’n tweede uitbarsting ondergaan.[1]