HMS Upholder
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die HMS Upholder was 'n duikboot van die Britse Vloot tydens die Tweede Wêreldoorlog. Hy het in die Middellandse See diens gedoen en het binne die bestek van agtien maande skepe met 'n totale tonnemaat van 93 031 ton gekelder en verder 31 894 ton beskadig.[1] Dit sluit twee Italiaanse duikbote en torpedojaers in.
Meer inligting Vaartuig klas, Konflik ...
Vaartuig klas | U-class submarine |
---|---|
Konflik | Tweede Wêreldoorlog |
Geografiese ligging | 34°47′0″N 15°55′0″E |
Land van oorsprong | Verenigde Koninkryk |
Belangrike gebeurtenis | ship commissioning, ship launching, keel laying, shipwrecking |
Operateur | Britse Vloot |
Vervaardiger | Vickers-Armstrongs |
Ligging van vervaardiging | Barrow-in-Furness |
Vlagstaat | Verenigde Koninkryk |
Teken nommer | P37 |
Sluit
Hy en sy susterduikbote het die Duits-Italiaanse voorsieningslyne tussen Italië en Noord-Afrika erg beskadig. Hy is self in 1942 gekelder, vermoedelik deur 'n dieptebom van 'n Italiaanse vaartuig.