Hosea Kutako Internasionale Lughawe
From Wikipedia, the free encyclopedia
Hosea Kutako Internasionale Lughawe (IATA: WDH, ICAO: FYWH) is die internasionale lughawe wat die Namibiese hoofstad Windhoek bedien. Dit is 45 km (28 myl) oos van die stad geleë en is Namibië se primêre lughawe met internasionale status. In 2018 het die lughawe 1 557 279 passasiers hanteer nadat dit in 2009 slegs 681 000 beloop het.[1] Die lughawe is vernoem na die Namibiese held Hosea Kutako.
Hosea Kutako Internasionale Lughawe | |||
---|---|---|---|
IATA: WDH – ICAO: FYWH | |||
Opsomming | |||
Tipe lughawe | Openbaar | ||
Operateur | Namibiese Burgerlike regering | ||
Ligging | Windhoek, Namibië | ||
Spil vir | Air Namibia | ||
Hoogte bo seevlak | 1 719 m / 5 640 vt | ||
Koördinate | 22°29′12″S 17°27′45″O | ||
Webtuiste | www.airports.com.na/hkia.php | ||
Landkaart | |||
| |||
Aanloopbane | |||
Rigting | Lengte | Oppervlak | |
m | vt | ||
08/26 | 4 532 | 14 869 | Teer |
16/34 | 1 524 | 5 000 | Teer |
Statistieke (2018) | |||
Passasiers | 1 557 279 | ||
Tydens die Suid-Afrikaanse regering se bewind het die lughawe bekend gestaan as JG Strijdomlughawe, na die oud-Eerste Minister van Suid-Afrika. Die hoofaanloopbaan is 08/26 wat 4 532 meter (14 869 voet) lank is.
Min binnelandse vlugte word deur Hosea Kutako-lughawe bedien, omrede dié oorwegend by die kleiner Windhoek Eros-lughawe aandoen.
Windhoek-Hosea Kutako Internasionale Lughawe het in 2009 modernisering ondergaan. Dit beskik oor 'n terminaal met een vertrek- en een aankomssaal.