Internasionale Fonetiese Alfabet
’n notasiestelsel vir die klanke wat in menslike spraak voorkom / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Internasionale Fonetiese Alfabet (/ˌəntərˌnaʃiˈnɑːlə fʊəˈnɪətisə ˈʔɑlfa̙bɛt/) of IFA (Engels: International Phonetic Alphabet (IPA)) is 'n notasiestelsel vir die klanke wat in menslike spraak voorkom. Dit is grotendeels op die Latynse alfabet gegrond.
Kitsfeite
Internasionale Fonetiese Alfabet | ||||
Soort skryfstelsel | Alfabet, met kenmerk-elemente | |||
Tyd gebruik | Sedert 1888 | |||
Tale | Gebruik vir fonetiese en fonemiese transkripsie van enige taal | |||
Nota | ||||
Hierdie bladsy kan fonetiese IFA-simbole of letters uit ander alfabette bevat | ||||
|
Sluit
In die Uitgebreide IFA (Extended IPA) is 'n reeks addisionele diakritiese tekens byvoeg om klein uitspraakverskille aan te dui. Daar bestaan ook 'n IFA in ASCII-tekens: SAMPA. Die IFA word veral deur taal- en spraakkundiges gebruik.