Iota Aquarii
From Wikipedia, the free encyclopedia
Iota Aquarii of ι Aquarii is die Bayer-naam van ’n ster in die sterrebeeld Waterdraer. Met ’n skynbare magnitude van 4,279 is dit met die blote oog sigbaar.[3] Volgens parallaksmetings deur die Hipparcos-sending is dit sowat 175 ligjare van die Son af.[3]
Kitsfeite
Iota Aquarii
| ||||
Ligging van ι Aquarii (in die rooi sirkel). | ||||
Sterrebeeld | Waterdraer | |||
Spektraaltipe | B8V[1] | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 22h 06m 26.22742s[2] | |||
Deklinasie | –13° 52′ 10.8615″[2] | |||
Skynmagnitude (m) | 4,279[3] | |||
Absolute magnitude (M) | +0,64[4] | |||
B-V-kleurindeks | -0,062[3] | |||
U-B-kleurindeks | -0,288[3] | |||
Besonderhede | ||||
Radius (R☉) | 2,7[5] | |||
Ligsterkte (L☉) | 74[4] | |||
Ouderdom (jaar) | 30-60 miljoen[6] | |||
Temperatuur (K) | 11 284 ± 284[5] | |||
Rotasiespoed (km/s) | 135[7] | |||
Metaalinhoud [Fe/H] | -0,08 ± 0,12[8] | |||
Ander name | ||||
ι Aqr, 33 Aquarii, BD-14 6209, FK5 828, HD 209819, HIP 109139, HR 8418, SAO 164861[9] | ||||
|
Sluit
Die ster se spektrum stem ooreen met ’n sterreklassifikasie van B8V,[1] wat beteken dit moet ’n B-tipe hoofreeksster wees. Sy radius is 2,7 keer dié van die Son[5] en dit roteer vinnig, met ’n spoed van sowat 135 km/s.[7] ’n Infrarooisoektog in 2010 na metgeselle om die ster was onsuksesvol.[6]