Izjitsa
From Wikipedia, the free encyclopedia
Ѵ (kleinletter: ѵ) of "izjitsa" is ’n letter van die Ou Cyrilliese alfabet wat nog net in Kerkslawies gebruik word. Dit is van die Griekse letter ipsilon (Υ, υ) afgelei.
Meer inligting Cyrilliese letter Ѵ, Cyrilliese alfabet ...
Cyrilliese letter Ѵ | |||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Cyrilliese alfabet | |||||||
А | Б | В | Г | Ґ | Д | Ђ | |
Ѓ | Е | Ё | Є | Ж | Ѕ | З | |
И | І | Ї | Й | Ј | К | Л | |
Љ | М | Н | Њ | О | П | Р | |
С | Т | Ћ | Ќ | У | Ў | Ф | |
Х | Ц | Ч | Џ | Ш | Щ | Ъ | |
Ы | Ь | Э | Ю | Я | |||
Ou letters | |||||||
Ҁ | Ѹ | Ѡ | Ѻ | Ѿ | Ѣ | Ꙗ | |
Ѥ | Ѧ | Ѫ | Ѩ | Ѭ | Ѯ | Ѱ | |
Ѵ | Ѷ | Ѳ |
Sluit
Dit is meestal gebruik vir die klanke /i/ of /v/, nes die moderne letters И en В onderskeidelik, in woorde wat uit Grieks of via Grieks uit ander tale oorgeneem is. Dit het ook die syfer 400 voorgestel.
Kerkslawiese geskrifte gebruik steeds die letter. Met ’n klem op is dit ’n klinker en word dit as /i/ uitgespreek; sonder ’n klem op is dit ’n konsonant en word dit as /v/ uitgespreek. Onbeklemtoonde /i/-izjitsas word met ’n spesiale diakritiese teken, ’n "kendema", gemerk wat soos ’n dubbele klemteken of twee punte lyk: Ѷ ѷ.