Jean Rouch
From Wikipedia, the free encyclopedia
Jean Rouch (Franse fonetiese uitspraak: ʁuʃ; 31 Mei 1917 – 18 Februarie 2004) was 'n Franse filmmaker en antropoloog.
Jean Rouch | |
---|---|
Jean Rouch - filmraam uit Paroles, onderhoude met Jean Rouch | |
Gebore | Jean Rouch (1917-05-31)31 Mei 1917 |
Sterf | 18 Februarie 2004 (op 86) Birni-N'Konni, Niger |
Nasionaliteit | Frans |
Beroep | Filmmaker, antropoloog |
Noemenswaardige werke |
|
Rouch word beskou as een van die stigterslede van cinéma vérité in Frankryk. Rouch se tegniek as filmmaker (vir meer as sestig jaar in Afrika) word gekenmerk deur die idee van gedeelde antropologie. [1][2] Hy is beïnvloed deur die ontdekking van surrealisme in sy vroeë twintigerjare, en in baie van sy rolprente is die lyn tussen dit wat fiksie is en dit wat dokumentêr is uiters vaag, welke 'n nuwe styl tot gevolg gehad het, naamlik etnofiksie. Hy is deur die Franse New Wave-filmmakers as een van hul eie beskou. Sy film Moi, un noir was 'n baanbreker in die tegniek van jump cut wat deur Jean-Luc Godard gepopulariseer is.[3][4][5][6]