Joseph Solomon
Suid-Afrikaanse argitek / From Wikipedia, the free encyclopedia
Joseph Michael Solomon (Paarl, Kaapkolonie, 11 Desember 1883 – Rosebank, Kaapstad, Kaapland, Suid-Afrika, 26 Augustus 1920) was ’n Suid-Afrikaanse argitek. Hy het 'n diepgaande invloed gehad op sy vaderland se kulturele ontwikkeling en is erken as die mees talentvolle vertolker daarvan tydens sy kort lewe.[1] Ongelukkig het hy geknak onder die geweldige druk van die opdrag om die Universiteit van Kaapstad se geboue in Rondebosch te ontwerp en tegelykertyd ook die historiese woonhuis Vergelegen te restoureer. Dit het tot sy selfdood in die ouderdom van net 31 jaar gelei.[2]