Katutura Staatshospitaal
hospitaal in Namibia / From Wikipedia, the free encyclopedia
Katutura Staatshospitaal is 'n hospitaal in Katutura, 'n swart woonbuurt in Windhoek, Namibië. Saam met die Windhoek Sentrale Hospitaal is dit een van die twee staatshospitale in Windhoek[1] en Namibië se enigste algemene verwysingshospitaal.[2]
In November 2008, het die hospitaal 'n nuwe sonkrag-waterverhittingstelsel geïnstalleer as deel van 'n groot opknappingsveldtog.[3]