King Power-stadion
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die King Power-stadion is ’n sokkerstadion in Leicester, Engeland, met sitplek vir 32 262 mense. Dit is die tuisveld van Leicester City FC. Die stadion is in 2002 geopen en is die 19de grootste, in terme van kapasiteit, in Engeland. Die stadion se naam is ontleen aan King Power, ’n maatskappy wat aan Vichai Raksriaksorn, eienaar van Leicester City, behoort.[2]
Kitsfeite Ligging, Koördinate ...
King Power-stadion | ||
Ligging | Filbertweg, Leicester, Engeland | |
---|---|---|
Koördinate | 52°37′13″N 1°8′32″W | |
Eienaar | K Power Holdings Co Ltd[1] | |
Kapasiteit | 32 262 | |
Oppervlak | Desso GrassMaster | |
Konstruksie | ||
Gebou | 2002 | |
Geopen | 2002 | |
Huurders | ||
Leicester City F.C. (2002-huidig) |
Sluit