Kokonvorming (sosiale verskynsel)
om uit vrees in jou huis te bly / From Wikipedia, the free encyclopedia
Kokonvorming (Engelsː Cocooning) is om in 'n mens se huis te bly, geïsoleer van waargenome gevaar, in plaas daarvan om uit te gaan.[1][2][3] Die term is in 1981 geskep deur Faith Popcorn, 'n futuris, tendensvoorspeller en bemarkingskonsultant.[4] Dit word gebruik in sosiale wetenskap[5], bemarking[6], ouerskap[7], ekonomiese voorspelling[8] selfhelp,[9], godsdiens[10], en het in Engels deel geword van standaard taal soos gedefinieër deur verskeie woordeboeke.
Die uitgebreide instelling van 'n staat van inperking in baie lande gedurende 2020 weens die koronaviruspandemie het kokonvorming, 'n gedwonge realiteit vir miljarde mense wêreldwyd gemaak.