Le Grand Meaulnes
From Wikipedia, the free encyclopedia
Le Grand Meaulnes (In Afrikaans vertaal as Die verlore opstal - 1970) is die enigste roman deur die Franse skrywer Alain-Fournier, wat in die eerste maand van die Eerste Wêreldoorlog gedood is. Die roman, wat in 1913 gepubliseer is, 'n jaar voor die skrywer se dood, is ietwat biografies - veral die naam van die heldin Yvonne, vir wie hy in Parys 'n gedoemde bewondering gehad het. Vyftienjarige François Seurel vertel die verhaal van sy vriendskap met die sewentienjarige Augustin Meaulnes terwyl Meaulnes soek na sy verlore liefde. Impulsief, roekeloos en heldhaftig, Meaulnes beliggaam die romantiese ideale, die soeke na die onverkrygbare soel as die geheimsinnige wêreld tussen die kinderjare en die volwassenheid.[1]