Lord’s
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Lord’s-krieketveld (afgekort as Lord’s) is 'n bekende krieketstadion in St John's Wood, 'n wyk in die Engelse hoofstad Londen. Die stadion bied sitplek vir 30 000 toeskouers en word deur die Marylebone Krieketklub (MCC) besit. Lord’s word dikwels The Home of Cricket ("die tuiste van krieket") genoem.[2]
Lord’s-krieketveld | ||
Bynaam | Lord’s | |
---|---|---|
Volle naam | Lord’s-krieketveld | |
Ligging | St. John’s Wood, Londen | |
Koördinate | 51°31′45.84″N 0°10′21.72″W | |
Eienaar | Marylebone Krieketklub (1814–hede) Middlesex (1877–hede) | |
Kapasiteit | 30 000[1] | |
Oppervlak | Gras | |
Konstruksie | ||
Gebou | 1814 | |
Huurders | ||
Engelse nasionale krieketspan |
Lord’s is ook die tuiste van die Engelse en Walliese Krieketraad (ECB) sowel as die Europese Krieketraad (ECC). Dit is die tuiste van die Internasionale Krieketraad (IKR) se hoofkantoor, maar die IKR se administratiewe kantore is in 2005 na Doebai verskuif.
Die oudste sportmuseum ter wêreld is op Lord’s geleë en huisves onder ander die bekende urn van Die As-kompetisie.[3]
Behalwe krieket kan hier ook ander sportsoorte soos bofbal, tennis en boogskiet beoefen word. Byvoorbeeld is Lord’s tydens die 2012-Olimpiese Spele vir boogskiet ingespan.