Lys van universiteite in Suid-Afrika
Wikimedia lysartikel / From Wikipedia, the free encyclopedia
Hierdie is 'n lys van universiteite in Suid-Afrika. Vir doeleindes van die lys, word kolleges en universiteit gedefinieer as geakkrediteerde post-sekondêre instellings wat grade toeken.
Sommige private instellings is plaaslike kampusse van buitelandse universiteite. Inrigtings vir die toekenning van grade (beide openbare en privaat) moet geregistreer wees by, en hul spesifieke graadprogramme, geakkrediteer wees deur, die Raad vir Hoër Onderwys.
In 2004 het Suid-Afrika sy openbare stelsel vir hoër onderwys begin hervorm, [1] en klein openbare universiteite in groter instellings versmelt en geïnkorporeer. Aan die einde van die artikel word die universiteite en technikons van die land, wat saam met ander geïnkorporeer en saamgesmelt is en dus nie meer bestaan nie, gelys.
Twee nuwe universiteite is in 2013 van stapel gestuur, [2] Sol Plaatje-universiteit en die Universiteit van Mpumalanga. Hulle word voorlopig in die kategorie universiteite vir tegnologie ingedeel, ter afwagting van die uiteensetting van hul programme.