Maharero
From Wikipedia, the free encyclopedia
Maharero (ook genoem Maherero of Kamaherero, Okahandja, Suidwes-Afrika, omstreeks 1820 – Okahandja, Suidwes-Afrika, 5 Oktober 1890) was die opperhoof van die Herero van 1861 tot 1890. Hy word tot vandag as ’n legende onder sy mense vereer.[1]
Maharero was tydens sy opperhoofskap een van die belangrikste figure in die huidige Namibië. Sy grootste prestasie was sy bydrae tot die bevryding van die Herero uit die staat van knegskap waarin hulle onder die Namakaptein Jonker Afrikaner verkeer het. Maar hierdie prestasie word aanmerklik verdof deur die koelbloedige moord op die Nama binne sy land in Augustus 1880 en die inskiklikheid waarmee hy, in teenstelling met die Namakaptein Hendrik Witbooi, daarna sy volk se vryheid eers aan die Britte en toe aan die Duitsers verkoop het.