Maleisië
Soewereine staat in Suidoos-Asië / From Wikipedia, the free encyclopedia
Maleisië (Maleis: Malaysia, [məlejsiə]; Engels: Malaysia, [məˈleɪzɪə, -ʒə], luister (hulp·inligting)) is 'n federale grondwetlike monargie in Suidoos-Asië net noord van die ewenaar. Dié land bestaan uit twee afsonderlike dele, geskei deur die Suid-Chinese See: Wes-Maleisië of Malakka, in die noorde begrens deur Thailand en in die suide deur Singapoer; en Oos-Maleisië, die noordelike deel van die eiland Kalimantan (eertyds Borneo), in die suide begrens deur Indonesië en in die noorde deur Broenei. Daarbenewens deel Maleisië 'n maritieme grens met Viëtnam in die Suid-Chinese See en Filippyne in die Sulusee. Van die ander seë sluit in die Andamanse See en die Golf van Bengale in die noordweste en die Celebessee in die noordooste. Die westelike deel beslaan sowat 40% van die oppervlakte van Maleisië, maar hier woon 85% van die algehele bevolking. Die hoofstad en grootste stad is Kuala Lumpur, terwyl Putrajaya die regeringsetel is.
| |||||
Nasionale leuse: Bersekutu Bertambah Mutu[1] (Maleis vir: "Eenheid is krag") | |||||
Volkslied: Negaraku (Maleis vir: "My land") | |||||
Hoofstad | Kuala Lumpur 3°8′N 101°41′O Putrajaya (administratief) 2°56′N 101°42′O | ||||
Grootste stad | Kuala Lumpur | ||||
Amptelike tale | Maleis (nasionale taal) Engels (tweede taal) | ||||
Regering | Federale parlementêre grondwetlike monargie Ibrahim Iskandar Anwar Ibrahim | ||||
Onafhanklikheid • Huidige grondwet • Federasie Malaya • Sarawak • Selfregering van Noord-Borneo • Federasie Malaya, Noord-Borneo, Sarawak en Singapoer • Wegbreek van Singapoer |
van die Verenigde Koninkryk 27 Augustus 1957 31 Augustus 1957[2] 22 Julie 1963[3] 31 Augustus 1963[4] 16 September 1963 9 Augustus 1965 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
330 803[5][6] km2 (67ste) 127 724 myl2 0,3 | ||||
Bevolking - 2023-skatting - 2020-sensus - Digtheid |
33 200 000[7] (43ste) 32 447 385[8] 101 / km2 (116de) 261,6 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2024-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2024-skatting | ||||
MOI (2021) | 0,803[10] (62ste) – baie hoog | ||||
Gini (2018) | 41,2[11](36ste) – medium | ||||
Geldeenheid | Ringgit (RM) (MYR ) | ||||
Tydsone - Somertyd |
MST (UTC+8) nie toegepas nie (UTC+8) | ||||
Internet-TLD | .my, مليسيا.[12] | ||||
Skakelkode | +60 |
Die naam "Maleisië" is afgelei van die woord "Malay" en die Latyn-Griekse agtervoegsel "-sia"/-σία.[13] Maleisië het in die 18de eeu 'n Britse kolonie geword nadat die "Straits Settlements" Britse protektorate geword het. Die Peninsulêre Maleisië is in 1946 as die Maleise Unie verenig. Malaya is in 1948 as die Federasie Malaya herstruktureer en het op 31 Augustus 1957 sy onafhanklikheid van die Verenigde Koninkryk verkry. Malaya verenig op 16 September 1963 met Noord-Borneo, Sarawak en Singapoer om Maleisië te vorm. In 1965 is Singapoer uit die federasie geskors.[14] Maleisië is 'n federale parlementêre grondwetlike monargie binne die Britse Statebond met 'n eie monarg (Yang di-Pertuan Agong) as staatshoof. Maleisië is een van slegs vyf lande binne die Britse Statebond met 'n inheemse monarg op die troon (die ander vier is Broenei, Eswatini, Lesotho en Tonga).
Maleisië beslaan 'n oppervlakte van 330 803 km² en het 'n bevolking van sowat 32,7 miljoen in 2020 gehad. Maleisië is 'n lidland van die Britse Statebond met 'n gekose monarg as staatshoof. Maleisië word as 'n opkomende mark beskou en is 'n lidland van die ASEAN, die Beweging van Onverbonde Lande en die Organisasie van Islamitiese Samewerking. Die bekende Petronas-torings in Kuala Lumpur was tussen 1998 en 2004 die hoogste gebou ter wêreld. Die Sepang Internasionale Renbaan het vanaf 1999 tot 2017 die Maleisiese Grand Prix in Formule Een gehuisves. Malaysia Airlines is die nasionale vlagdraerlugredery met sy spilpunt op Kuala Lumpur Internasionale Lughawe; weens die verlies van twee vlugte binne een jaar (Malaysia Airlines-vlug 17 en Malaysia Airlines-vlug 370) was dié lugredery wêreldwyd in die nuus.