Maseru
From Wikipedia, the free encyclopedia
Maseru is sedert 1884 die hoofstad en grootste stad in Lesotho. Die stad het 'n bevolking van 227 880 in 2006 gehad met 'n oppervlakte van 138 km². Maseru grens aan Suid-Afrika, waar meeste van die stad se bevolking werk. Dit is 'n relatief klein stad (per oppervlakte) en is selfs kleiner as Ladybrand. Die stad lê langs die Caledonrivier (Mohokare-rivier in Lesotho). Die naam Maseru beteken plek van die rooi sandklip in Suid-Sotho.[1][2] Maseru is in 1869 deur die Britte gestig nadat die Verenigde Koninkryk Basoetoland geannekseer het.