Messier 106
spiraalsterrestelsel in die sterrebeeld Jaghonde / From Wikipedia, the free encyclopedia
Messier 106 of M106 (ook bekend as NGC 4258) is ’n spiraalsterrestelsel in die sterrebeeld Jaghonde. Dit is in 1781 deur Pierre Méchain ontdek en eers heelwat later in die Messier-katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem.
Kitsfeite
Messier 106 | ||||
'n Foto van die Hubble-ruimteteleskoop van M106. (Bron: Nasa/ESA) | ||||
Soort stelsel | Spiraalsterrestelsel | |||
Sterrebeeld | Jaghonde | |||
Tipe | SAB(s)bc | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 12h 18m 57,5s | |||
Deklinasie | +47º 18' 14" | |||
Skynmagnitude | 9,1 | |||
Besonderhede | ||||
Afstand (ligjaar) | 23,7 miljoen | |||
Skynbare grootte | 18′,6 × 7′,2 | |||
Rooiverskuiwing | 1,494 x 10-10 | |||
Ander name | NGC 4258, UGC 7353, PGC 39600 | |||
|
Sluit
M106 is sowat 22 tot 25 miljoen ligjare van die Aarde af. Dit het ’n aktiewe kern, wat as ’n Tipe 2-Seyfert geklassifiseer word, en die teenwoordigheid van ’n sentrale supermassiewe swartkolk is gedemonstreer deur die waarneming van radiogolflengtes van die rotasie van ’n skyf van molekulêre gas binne die binneste ligjaar van die swartkolk af.[1] NGC 4217 is ’n moontlike metgeselsterrestelsel van Messier 106.[2]
’n Tipe II-supernova is in Mei 2014 in M106 waargeneem.[3]