Messier 82
From Wikipedia, the free encyclopedia
Messier 82 (ook bekend as die Sigaar-sterrestelsel of NGC 3034) is ’n sterrestelsel met uiters aktiewe stervorming sowat 11,5 miljoen ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Groot Beer. Dit is in 1774 deur Johann Elert Bode ontdek en Charles Messier het dit daarna in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem.
Kitsfeite
Messier 82 | ||||
’n Mosaïekbeeld deur die Hubble-ruimteteleskoop van Messier 82. Dit is ’n kombinasie van vier foto's wat met verskillende kleurfilters geneem is en wys lig van die infrarooi- en sigbare golflengtes, sowel as die lig van die gloeiende waterstof-filamente. | ||||
Soort stelsel | Steruitbarsting-sterrestelsel | |||
Sterrebeeld | Groot Beer | |||
Tipe | I0 | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 09h 55m 52,2s | |||
Deklinasie | +96º 40' 47" | |||
Skynmagnitude | 8,41 | |||
Besonderhede | ||||
Afstand (ligjaar) | 11,5 miljoen | |||
Skynbare grootte | 11,2 × 4,3 boogminute | |||
Rooiverskuiwing | 203 ± 4 km/s | |||
Ander name | Sigaar-sterrestelsel, M82, NGC 3034, UGC 5322, Arp 337, PGC28655, 3C 231 | |||
|
Sluit
M82 is vyf keer so helder as die Melkweg en 100 keer so helder as die middel van ons sterrestelsel.[1] In 2005 het die Hubble-ruimteteleskoop 197 jong massiewe sterreswerms in die kern ontdek.[1] Die gemiddelde massa van hierdie swerms is 200 000 sonmassas, en dus is die kern ’n uiters aktiewe, digte stervormende omgewing.[1] Tien keer meer jong sterre word in die middelste deel gevorm as in die hele Melkweg.[2]