Metformien
chemiese verbinding / From Wikipedia, the free encyclopedia
Metformien, wat onder andere onder die handelsnaam Glucophage verkoop word, is die belangrikste eersteliniemedikasie vir die behandeling van tipe 2-diabetes,[3][4][5][6] veral by mense wat oorgewig is.[7] Dit word ook gebruik in die behandeling van polisistiese ovariumsindroom.[8] Dit word soms as 'n byvoegsel gebruik om die risiko van metaboliese sindroom te verminder by mense wat antipsigotika gebruik.[9] Metformien word nie met gewigstoename geassosieer nie[10] en word per mond geneem.[8]
Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie. Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n dokter verwys te word. |
Metformien | |
---|---|
Chemie | |
IUPAC naam | N,N-Dimethylimido= dicarbonimidic diamide |
Chemiese formule | C4H11N5 |
Molêre massa | 129.167 g/mol |
CAS-nommer | 657-24-9 |
Farmakokinetika | |
Biobeskikbaarheid | 50–60%[1][2] |
Proteïengebonde | Minimaal[1] |
Metabolisme | Nie deur die lewer |
Uitskeiding | Uriene (90%) |
Halfleeftyd | 4–8.7 uur |
Metformien word oor die algemeen goed verdra. Algemene newe-effekte sluit in diarree, naarheid en maagpyn.[8] Dit het 'n klein risiko om lae bloedsuiker te veroorsaak. Hoë bloedmelksuurvlakke is 'n bekommernis as die medikasie in te hoë dosisse gebruik word of voorgeskryf word aan mense met ernstige nierprobleme.[11][12]
Metformien is 'n biguanied anti-hiperglukemiese middel. Dit werk deur glukoseproduksie in die lewer te verminder, die insuliensensitiwiteit van liggaamsweefsel te verhoog,[8] en GDF15-afskeiding te verhoog, wat eetlus en kalorie-inname verminder.[13][14][15][16]