Noam Chomsky
From Wikipedia, the free encyclopedia
Avram Noam Chomsky (gebore 7 Desember 1928) is 'n Amerikaanse taalkundige, filosoof,[1][2] kognitiewe wetenskaplike, logikus,[3][4][5] politieke kommentator, sosiale aktivis, voorstander van anargo-sindikalisme,[6] skrywer en dosent. Chomsky is 'n emeritus hoogleraar in taalkunde aan die Massachusetts Institute of Technology (MIT). Hy het al meer as 100 boeke geskryf en word soms die "vader van moderne taalkunde" genoem.[7][8] Hy is ook 'n prominente kulturele figuur en is in 2005 as die "wêreld se top openbare intellektueel" aangewys.[9]
Kitsfeite Gebore, Nasionaliteit ...
Noam Chomsky | |
---|---|
Noam Chomsky in 2004 | |
Gebore | Avram Noam Chomsky 7 Desember 1928 (1928-12-07) (95 jaar oud) |
Nasionaliteit | Verenigde State van Amerika |
Beroep | Akademikus |
Bekend vir | Akademiese prestasies, politieke aktivis, anargis |
Titel | Professor |
Sluit