Olimpiese Somerspele 1924
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Olimpiese Somerspele 1924 (Frans: Les Jeux olympiques d'été de 1924), amptelik bekend as die Spele van die VIIIste Olimpiade, is tussen 4 Mei en 27 Julie 1924 in Parys, Frankryk, aangebied. Parys is gekies om dit aan te bied bó Amsterdam, Barcelona, Los Angeles, Praag en Rome.[7] Dit was ná 1900 die tweede Olimpiese Somerspele wat in die Franse hoofstad plaasgevind het. In 1924 het Frankryk ook die eerste Olimpiese Winterspele aangebied, in Chamonix-Mont-Blanc in die Alpe.
Spele van die VIIIe Olimpiade | ||||||||||||||||||||||||
|
Presies 100 jaar later sou Parys die Olimpiese Somerspele 2024 gaan aanbied. Een van die Olimpiese Somerspele 1924 se stadions sal na verwagting vir hierdie Olimpiese Somerspele ingespan word: Die veldhokkiewedstryde sal in die Stade Olympique Yves-du-Manoir beslis word.