Oos-Londenlughawe
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Oos-Londenlughawe (IATA: ELS, ICAO: FAEL) is 'n lughawe wat Oos-Londen, 'n stad in die Oos-Kaap, bedien. Op 23 Februarie 2021 is die lughawe na Koning Phalo Internasionale Lughawe hernoem.[3]
Kitsfeite Oos-Londenlughawe Koning Phalo Internasionale Lughawe, IATA: ELS – ICAO: FAEL ...
Oos-Londenlughawe Koning Phalo Internasionale Lughawe | |||
---|---|---|---|
IATA: ELS – ICAO: FAEL | |||
Opsomming | |||
Tipe lughawe | Openbaar | ||
Bedien | Oos-Londen, Suid-Afrika | ||
Hoogte bo seevlak | 436 vt / 133 m | ||
Koördinate | 33°2′6″S 27°49′17″O | ||
Webtuiste | Oos-Londenlughawe | ||
Landkaart | |||
Ligging van die lughawe in die Oos-Kaap | |||
Aanloopbane | |||
Rigting | Lengte | Oppervlak | |
m | vt | ||
11/29 | 1 939 | 6 362 | Teer |
06/24 | 1 585 | 5 200 | Teer |
Bronne: South African Aeronautical Information Publication [1] DAFIF[2] |
Sluit
Oos-Londen is 'n klein maar besige lughawe wat 'n belangrike rol in die ekonomiese groei van die Oos-Kaap speel. Elke dag verwelkom dit tussen 20 en 30 vlugte – wat jaarliks 346 000 mense na Oos-Londen bring. Hiervan is meer as 140 000 vakansiegangers, meestal plaaslik, en sowat 15% is buitelandse toeriste. In 2013 het die lughawe 658 363 passasiers hanteer.