Orde van Jamaika
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Orde van Jamaika is die vyfde van die ses ordes in die Jamaikaanse eerbewysstelsel.[1] Die orde is in 1969 ingestel en word beskou as gelykwaardig aan 'n ridderskap in Brittanje.[2]
Jamaikane óf buitelanders kan die ereprys ontvang vir besonderse prestasies. Lede van die orde sluit in Usain Bolt en Grace Jones. Koningin Sofía van Spanje is 'n erelid.
Lede en erelede kan:[3]
- die ordeteken as 'n versiering dra,
- die aanspreekvorm "Die agbare" kry,
- die letter "OJ" (vir lede) of "OJ (Hon.)" (vir erelede) agter hulle naam skryf.
Die motto van die orde is "Vir 'n gelofte van die volk".