Pakistanse nasionale krieketspan
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Pakistanse nasionale krieketspan (Engels: Pakistan national cricket team; Oerdoe: پاکستان قومی کرکٹ ٹیم, Pākistān qaumī kirkeṭ ṭīm), met die byname Shaheens (شاہین; letterlik: “valke”),[13][14] Green Shirts,[15] Men in Green,[16][17][18] is die nasionale krieketspan wat Pakistan in toets- en kitskrieket verteenwoordig. Dit word beheer en geadministreer deur die Pakistanse Krieketraad (PCB) en is ’n volle lid van die Internasionale Krieketraad (IKR) met toets-, EDI- en T20I-status. Pakistan is tans (November 2023) sesde op die IKR-toetsranglys, vierde op die eendagranglys en vyfde op die Twintig20-wêreldranglys.[19][20][21]
Kenteken van die Pakistanse Krieketraad | |||||||||||||||||
Bynaam | Shaheens (“valke”), Green Shirts, Men in Green, Cornered Tigers | ||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Konferensie | Pakistanse Krieketraad (PCB) | ||||||||||||||||
Personeel | |||||||||||||||||
Toetskaptein | Babar Azam | ||||||||||||||||
EDI-kaptein | Babar Azam | ||||||||||||||||
T20I-kaptein | Qasim Akram | ||||||||||||||||
Afrigter | Grant Bradburn | ||||||||||||||||
Geskiedenis | |||||||||||||||||
Toetsstatus verkry | 1952 | ||||||||||||||||
Internasionale Krieketraad | |||||||||||||||||
IKR-status | Volle lid (1952) | ||||||||||||||||
IKR-streek | AKR (Asië) | ||||||||||||||||
| |||||||||||||||||
Toetse | |||||||||||||||||
Eerste toets | t Indië op Feroz Shah Kotla Ground, Delhi; 16–18 Oktober 1952 | ||||||||||||||||
Laaste toets | t Sri Lanka op Singalese Sportklub-krieketveld, Colombo; 24–27 Julie 2023 | ||||||||||||||||
| |||||||||||||||||
Wêreldtoets- kampioenskappe | 2/2 (eerste in 2019–2021) | ||||||||||||||||
Beste uitslag | 6de plek (in 2019–2021) | ||||||||||||||||
Internasionale eendagwedstryde | |||||||||||||||||
Eerste EDI | t Nieu-Seeland op Lancasterpark, Christchurch; 11 Februarie 1973 | ||||||||||||||||
Laaste EDI | t Engeland op Eden Gardens, Kolkata; 11 November 2023 | ||||||||||||||||
| |||||||||||||||||
Krieketwêreldbeker-verskynings | 13/13 (eerste in 1975) | ||||||||||||||||
Beste uitslag | Kampioen (in 1992) | ||||||||||||||||
Kampioenetrofee-verskynings | 8/8 (eerste in 1998) | ||||||||||||||||
Beste uitslag | Kampioen (in 2017) | ||||||||||||||||
Twintig20s | |||||||||||||||||
Eerste T20I | t Engeland op Bristol-krieketveld, Bristol; 28 Augustus 2006 | ||||||||||||||||
Laaste T20I | t Bangladesj op Zhejiang Universiteit van Tegnologie-krieketveld, Hangzhou; 7 Oktober 2023 | ||||||||||||||||
| |||||||||||||||||
T20I-wêreldbeker-verskynings | 8/8 (eerste in 2007) | ||||||||||||||||
Beste uitslag | Kampioen (in 2009) | ||||||||||||||||
| |||||||||||||||||
Pakistan het 453 toetswedstryde gespeel, 148 gewen, 139 verloor, in nul gelykop en in 166 onbeslis gespeel.[22] Pakistan het, as die tweede land in Asië, op 28 Julie 1952 toetsstatus verkry – op aanbeveling van Indië – en Pakistan het sy toetsdebuut teen Indië op Feroz Shah Kotla Ground, Delhi, in Oktober 1952 gemaak, wat Indië met ’n beurt en 70 lopies gewen het.[23] In die 1930’s en 1940’s, voor die Verdeling van Indië in 1947, het verskeie Pakistanse krieketspelers vir die Indiese krieketspan in toetswedstryde verskyn.
Pakistan het 970 EDIs gespeel, 512 gewen, 428 verloor, in nege gelykop en in 21 onbeslis gespeel.[24] Pakistan het die Krieketwêreldbeker in 1992 gewen en die Krieketwêreldbeker in 1999 as naaswenner afgesluit. Pakistan het, saam met ander lande van Suid-Asië, die krieketwêreldbekertoernooie in 1987 en 1996 aangebied, en die 1996-eindstryd is op Gaddafistadion in Lahore beslis.
Pakistan het 226 Twintig20 gespeel, meer as enige ander span, 135 gewen, 82 verloor, in drie gelykop en in ses onbeslis gespeel.[25] Pakistan het die eerste T20I-wêreldbeker 2007 as naaswenner afgesluit en die T20I-wêreldbeker 2009 gewen, later het hulle ook die T20I-wêreldbeker 2022 as naaswenner afgesluit.
Pakistan het ook die Kampioenetrofee 2017 vir die eerste keer gewen, nadat hulle Indië verslaan het. Pakistan het sodoende die eerste span geword wat al die vername internasionale kriekettoernooie gewen het: Krieketwêreldbeker, T20I-wêreldbeker, Kampioenetrofee en die Toetskampioenskap.[26][27] Sewe voormalige Pakistanse spelers is in die Internasionale Krieketraad se Heldesaal opgeneem.
Terrorisme in Pakistan het daartoe gelei dat verskeie nasionale spanne nie na dié land getoer het nie, en ná die 2009-aanval op die Sri Lankaanse nasionale krieketspan nie meer internasionale krieketwedstryde in Pakistan gespeel is nie.[28] Eweneens is Pakistan van sy rol as medegasheer vir die Krieketwêreldbeker 2011 ontneem.[29][30] Vanaf 2009 het Pakistan sy tuiswedstryde veral in die Verenigde Arabiese Emirate gespeel.[31] Maar ná die afname van terreuraanvalle in Pakistan gedurende die onlangse jare, en die verbetering van veiligheid in dié land, het verskeie spanne sedert 2015 weer na Pakistan begin toer.[32] Van die spanne sluit in Zimbabwe, Sri Lanka, Wes-Indië, Bangladesj, Suid-Afrika, Australië, Engeland, Nieu-Seeland en ’n IKR Wêreld XI. Daarbenewens is wedstryde van die Pakistan Superliga in Pakistan aangebied.[33][34][35][36][37]