Patrick White
Engels-gebore Australiese skrywer / From Wikipedia, the free encyclopedia
Patrick Victor Martindale White (28 Mei 1912 – 30 September 1990) was 'n Australiese skrywer wat van 1935 tot 1987 twaalf romans, drie kortverhaalbundels en agt toneelstukke gepubliseer het.
Patrick White | |
White, c. 1940's | |
Geboortenaam | Patrick Victor Martindale White |
---|---|
Geboorte | 28 Mei 1912 Knightsbridge, Londen, Middlesex, Engeland |
Sterfte | 30 September 1990 Sydney, Nieu-Suid-Wallis, Australië |
Nasionaliteit | Australies |
Beroep | skrywer |
White se prosa maak gebruik van humor, verskuiwende narratiewe waarnemingspunte en bewussynstroom tegnieke. In 1973 is hy bekroon met die Nobelprys vir Letterkunde,[1] "vir 'n epiese en sielkundige vertelkuns wat 'n nuwe kontinent in die letterkunde ingebring het", soos per die Sweedse Akademie[2]. Hy is die enigste Australiër wat tot op hede met die prys bekroon is (J. M. Coetzee het die toekenning in 2003 as 'n Suid-Afrikaanse burger gewen, voordat hy in 2006 'n Australiese burger geword het). White was ook die eerste ontvanger van die Miles Franklin-toekenning.