Pempempie
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die pempempie[1] (Cyrtanthus tuckii Baker) is 'n blomdraende plant en geofiet wat inheems aan Suid-Afrika en Eswatini is. Dit kom in die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal, Vrystaat, Mpumalanga, Gauteng en Limpopo voor. Moenie hierdie plant met die piempiempie van die Wes- en Noord-Kaap verwar nie. Hulle is nie naverwante spesies nie. Op die SANBI-rooilys is die pempempie as 'veilig' (LC) gelys.[2]
Kitsfeite Bewaringstatus, Wetenskaplike klassifikasie ...
Pempempie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eensaadlobbiges |
Orde: | Asparagales |
Familie: | Amaryllidaceae |
Subfamilie: | Amaryllidoideae |
Genus: | Cyrtanthus |
Spesie: | C. tuckii |
Binomiale naam | |
Cyrtanthus tuckii Baker, 1876 | |
Sluit
Hierdie geofiet is moeilik om te kweek. Dit kom in grasland en op vogtige plekke voor.[3]