Peter Mokaba-stadion
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Peter Mokaba-stadion is 'n stadion in Polokwane (voorheen Pietersburg), Suid-Afrika, wat gebruik was vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010. Die stadion het sitplek vir 41 733 touskouers.[1] Dit is vernoem na Peter Mokaba, 'n voormalige leier van die ANC-jeugliga. Dit is 5 kilometer van die sakekern geleë en net oos van die vorige Pietersburg-stadion.
Kitsfeite Vorige name, Ligging ...
Peter Mokaba-stadion | ||
Vorige name | Pietersburg-stadion | |
---|---|---|
Ligging | Polokwane (Pietersburg), Suid-Afrika | |
Koördinate | 23°55′28.88″S 29°28′7.55″O | |
Operateur | Suid-Afrikaanse Voetbalvereniging (SAFA) | |
Kapasiteit | 41 733 | |
Oppervlak | Gras | |
Konstruksie | ||
Gebou | 2009 | |
Geopen | 2010 | |
Renovasie | 2009 | |
Uitgebrei | 2009 | |
Boukoste | R1.24 miljard (US$150 miljoen) | |
Huurders | ||
Sluit
Die stadion is een van vyf nuwe stadions wat vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 gebou is. Die aanvanklike plan om die bestaande stadion op te gradeer is laat vaar ten gunste van die bou van die Peter Mokaba-stadion. Die koste is destyds beraam op ZAR1 100 000 000 (VS$154 000 000).