Philipp Otto Runge
From Wikipedia, the free encyclopedia
Philipp Otto Runge (* 23 Julie 1777 in Wolgast, Sweeds-Pommere; † 2 Desember 1810 in Hamburg aan tuberkulose) was naas Caspar David Friedrich die beduidendste Duitse skilder van die Vroeë Romantiek.
Duitse skilder
Kunsstroming
Vroeë Romantiek
Beduidende werke
Eerste drie-dimensionele kleurstelsel
Die Hülsenbeckschen Kinder
- Rungehaus in Wolgast,
Mecklenburg-Voorpommere - Hamburger Kunsthalle
Hamburg
Runge, wat algemeen as die grondlegger van die Romantiese kuns beskou word, was een van die veelsydigste 19de eeuse kunstenaars. Sy visie was om digkuns, musiek en boukuns in 'n nuwe kunsvorm te versmelt. Sy bekende skilderye "Klein Oggend" en "Groot Oggend" (Kleiner und Großer Morgen) is kenmerkend vir die Romantiese kuns se sikliese natuurbegrip.
Runge het daarnaas as portretskilder uitgeblink – met selfportrette en portrette van kinders, waaronder sy befaamde portretskildery Die Hülsenbeckschen Kinder. Weens sy ontydige afsterwe het Runge 'n fragmentariese werk nagelaat – sowat vierhonderd tekeninge, byna veertig skilderye asook silhoeëtkunswerke. Sy doelwit as kunstenaar was egter rigtingwysend vir die Vroeë Romantiek. Saam met Caspar David Friedrich het hy vir die eerste keer visueel uitdrukking gegee aan die gedagtes van destydse Romantiese denkers en digters.[1]