Poznań
From Wikipedia, the free encyclopedia
Poznań of Posen (Pools: Poznań, [ˈpɔznaɲ], luister (hulp·inligting); Duits Posen, [ˈpoːzn̩], luister (hulp·inligting); Jiddisj פּױזן Poyzn), is 'n Wes-Poolse stad aan die Warta-rivier met 'n bevolking van 532 048 soos op 31 Desember 2021. Die stad word onder die oudstes in Pole gereken en het as een van die vernaamste sentra van die vroeë Poolse staat tydens die heerskappy van die Piaste-dinastie gedien. Die eerste Poolse heersers is in die plaaslike Sint-Pieter-en-Paulus-katedraal ter ruste gelê.
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Pole |
Woiwodskap | Groot-Pole |
Koördinate | 52°24′N 16°56′O |
Stigting (eerste verwysing) | 968 |
Stadstatus | 1253 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 261,85 vk km |
Hoogte bo seevlak | 60–154 m |
Bevolking: | |
- Totaal (31 Desember 2020) | 532 048[1] |
- Bevolkingsdigtheid | 2 040/vk km |
- Metropolitaanse gebied | 1 029 021[2] |
Tydsone | UTC +1 (MET) |
- Somertyd | UTC +2 (MEST) |
Klimaat | |
- Tipe | Kontinentaal-vogtig |
- Gemiddelde jaarlikse temperatuur | - |
- Gem. temp. Januarie/Julie | - |
- Gemiddelde jaarlikse neerslae | 513 mm |
Burgemeester | Jacek Jaśkowiak (PO) |
Amptelike webwerf | www.poznan.pl |
Die historiese hoofstad van Groot-Pole (Pools Wielkopolska) en huidige administratiewe sentrum van die Woiwodskap Groot-Pole het tot die vyfde grootste stedelike nedersetting in die land asook 'n beduidende kulturele, wetenskaplike, onderwys- en nywerheidsentrum ontwikkel. Poznań beskik oor 'n universiteit en is die belangrikste vervoersentrum langs een van die historiese hoofroetes wat Wes- en Oos-Europa met mekaar verbind. Die stad is halfpad tussen Berlyn en Warskou en 156 km van die Pools-Duitse grens af geleë.[3] Naas die Internasionale Handelskou van Poznań, wat hier gereeld gehou word, het die stad ook as gasheer van die Verenigde Nasies se Konferensie oor Klimaatsverandering opgetree. Poznań was een van die gasheerstede tydens die Europese Sokkerkampioenskap 2012 wat Pole en Oekraïne saam aangebied het.