Qi
From Wikipedia, the free encyclopedia
In die tradisionele Chinese kultuur word geglo qi (tradisionele Chinees: 氣, vereenvoudigde Chinees: 气, uitspraak: tsjie, luister (hulp·inligting)) is ’n lewenskrag wat deel is van elke lewende entiteit.[1][2][3] Dit kan letterlik as "lug" vertaal word en figuurlik as "materiële energie", "lewenskrag" of "energievloei".[4] Qi is die sentrale onderliggende beginsel in Chinese tradisionele medisyne en gevegskuns. Die praktyk om qi te kweek of balanseer word qigong genoem.
Kitsfeite
Qi | ||
Name (taalvariante) | ||
Tradisionele Chinees | 氣 | |
Vereenvoudigde Chinees | 气 | |
Pinyin | qì | |
Wade-Giles | ch'i4 | |
Ander name | IFA: [tɕʰî] |
Sluit
Mense wat in qi glo, beskryf dit as ’n lewensenergie waarvan die vloei gebalanseer moet word vir goeie gesondheid. Dit is ’n skynwetenskaplike, onbewese begrip[4] wat nog nooit regstreeks waargeneem is nie en nie verband hou met die begrip energie in wetenskap nie.[5][6][7]