![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/2/28/South_Sudan_adm_location_map.svg/langaf-640px-South_Sudan_adm_location_map.svg.png&w=640&q=50)
Ramciel
From Wikipedia, the free encyclopedia
Ramciel is 'n plek in Suid-Soedan wat as dié land se nuwe hoofstad sal dien. John Garang, die eerste president van die outonome gebied Suid-Soedan, wou gedurende sy bewind glo Ramciel as nuwe hoofstad benoem, maar hy is oorlede voordat Suid-Soedan sy onafhanklikheid verkry het en pleks daarvan het die grootste stad Joeba die nuwe hoofstad geword.[1][2] Die bouwerk aan die nuwe hoofstad word deur die voortgesette burgeroorlog in Suid-Soedan en dié land se enorme skuldlas bemoeilik.
Kitsfeite Land, Deelstaat ...
Ramciel | |
---|---|
Koördinate: Luafout in package.lua op reël 80: module 'Module:ISO 3166/data/SS' not found | |
Land | ![]() |
Deelstaat | Lakes |
Tydsone | UTC+3 (OAT) |
Sluit
Ramciel is langs die Wit-Nyl sowat 240 km noord van die huidige hoofstad Joeba, op die driepunt van die drie deelstate Bahr-al-Ghazal, Equatoria en Greater Upper Nile geleë.