Rugsakstap
From Wikipedia, the free encyclopedia
Rugsakstap is die buite-ontspanning met die dra van 'n rugsak op 'n mens se rug, terwyl daar meer as 'n dag lank gestap word. Dit is dikwels, maar nie altyd nie, 'n uitgebreide reis,[1] en kan ook kampeer in die buitelug behels. Noodsaaklikhede sluit kos, water, beddegoed, skuiling, warm klere, en 'n stoof of kookstel in. Massa is natuurlik die sleuteloorweging. Staptogte duur vir ten minste een nag en kan vir weke of maande voortgaan, soms ondersteun deur beplande herbevoorradingspunte of -aflaaie.
In Noord-Amerika word tentkampeer algemeen aangetref, terwyl eenvoudige skuilings en berghutte in Europa skaars is. In Nieu-Seeland is "tramping" 'n ekwivalente term waar ookal oornaghutte gereeld gebruik word.[2] Heuwelstap is die ekwivalent in Brittanje, alhoewel stappers van alle vorme van akkommodasie gebruik maak, benewens om te kampeer. Rugsakstappers gebruik eenvoudige hutte in Suid-Afrika.[3] Soortgelyke terme wat in ander lande gebruik word is trekking en bushwalking.
In teenstelling is rugsaktoerisme 'n metode van reis en 'n ander aktiwiteit, wat hoofsaaklik gebruik maak van openbare vervoer gedurende 'n reis wat etlike maande kan duur.