Selfbevordering
Form van motivering / From Wikipedia, the free encyclopedia
Selfbevordering (Self-enhancement) is 'n tipe motivering wat plaasvind om mense beter oor hulleself te laat voel en hulle gevoel van eiewaarde te handhaaf.[1] Hierdie motief kom veral op die voorgrond wanneer persone bedreig voel, mislukking ervaar of wanneer hulle selfbeeld geknou word.[2][3][4] Selfbevordering behels dat daar voorkeur aan positiewe bo negatiewe selfbeskouings gegee word.[5]
Daar is 'n verskeidenheid strategieë wat mense kan gebruik om hulle gevoel van eiewaarde te verhoog. Hulle kan byvoorbeeld hulle gebrekkige vaardighede onderspeel of ander kritiseer ten einde beter te lyk. Alhoewel selfbevordering by mense met 'n lae sowel as 'n hoë selfbeeld gesien kan word, is die twee groepe geneig om verskillende strategieë te gebruik. Mense wat reeds 'n hoë selfbeeld het, verbeter hul selfkonsep direk, deur nuwe inligting op 'n bevooroordeelde manier te verwerk. Mense met 'n lae selfbeeld gebruik meer indirekte strategieë; hulle vermy byvoorbeeld situasies waarin hulle negatiewe eienskappe raakgesien sal word.[6]