SilkAir
From Wikipedia, the free encyclopedia
SilkAir (Singapore) Private Limited[2] (Tamil: சில்க்ஏர்) (Sjinees: 勝 安 航空 Shèng'ān Hángkōng) is 'n lugredery met sy hoofkantoor in Airline House in Singapoer.[3] Dit is 'n volfiliaal van Singapore Airlines en vlieg geskeduleerde passasiersdienste vanaf Singapoer na 46 stede in Suidoos-Asië, die Indiese subkontinent, China en Australië. As die plaaslike vleuel van Singapore Airlines, bedien dit die kortafstandbestemmings in die Singapore Airlines Group netwerk. In die jaar tot 31 Maart 2013 het die lugredery 3,3 miljoen passasiers vervoer en 'n bedryfswins van S$ 96 700 000 getoon, terwyl inkomste met 12.7% gestyg het tot S$ 846,0 miljoen.
Kitsfeite IATA, ICAO ...
| |||||||
Gestig | 1976 (as Tradewinds Charters) | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Eerste vlug | 1992 | ||||||
Hoofspille | Singapoer Changi Lughawe | ||||||
Lojaliteitsprogram | KrisFlyer | ||||||
Vlootgrootte | 29 | ||||||
Bestemmings | 46 | ||||||
Houermaatskappy | Singapore Airlines | ||||||
Hoofkantoor | Singapoer | ||||||
Sleutelpersone | Leslie Thng (H.U.B.)[1] | ||||||
Omset | S$ 846.0 miljoen (2012/13) | ||||||
Bedryfsinkomste | S$ 96.7 miljoen (2012/13) | ||||||
Netto inkomste | S$ 80.7 miljoen (2012/13) | ||||||
Werknemers | 1 360 (op 31 Maart 2013) | ||||||
Webwerf | www.silkair.com |
Sluit