Simonopetra-klooster
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Simonopetra-klooster (Grieks: Σιμωνόπετρα, letterlik "Simon se Rots"), ook gespel Simonos Petra, is ’n Oosters-Ortodokse klooster aan die suidkus van Berg Athos in Griekeland. Dit is 13de in rang van die skiereiland se kloosters. Daar is tans sowat 54 monnike.
Die skiereiland se ooskus is in die algemeen taamlik rotsagtig, maar die deel waarop die klooster staan, is uitsonderlik ru. Dit is op ’n groot rots gebou wat 330 meter bo die see uit ’n krans uitsteek.[1]