Skildmaagd
vrou wat gekies het om as 'n vegter in Skandinawiese folklore en mitologie te veg / From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Skildmaagd (Oudnoors: skjaldmær) was 'n vroulike vegter uit die Noorse en Skandinawiese mitologie. Hulle word dikwels genoem in sagas soos Hervarar saga ok Heiðreks en in Gesta Danorum. Hulle kom ook voor in verhale van ander Germaanse volke, soos die Gote.[1] Die mitiese Walkures kan op sulke skildmaagde geskoei wees.[1]