Snegoerotsjka
From Wikipedia, the free encyclopedia
Snegoerotsjka (verkleinwoord) of Snegoerka (Russies: Снегу́рочка, Снегу́рка, IFA: sʲnʲɪˈgurətɕkə, snʲɪˈgurkə; Engels: Snow Maiden) is ’n karakter in Russiese sprokies.
Kitsfeite Skepping, Eerste verskyning ...
Snegoerotsjka | |
Snegoerotsjka (1899) deur Wiktor Wasnetsof | |
Skepping | |
---|---|
Eerste verskyning | 19de eeu |
Inligting | |
Ander name | Snegoerka, Snow Maiden, Snowflake, The Snow Princess |
Geslag | Vroulik |
Nasionaliteit | Russies |
Sluit
Die karakter het blykbaar geen wortels in die tradisionele Slawiese mitologie en gebruike nie en maak haar eerste verskyning in Russiese folklore van die 19de eeu.[1] Sedert die Sowjettyd word sy ook tydens Nuwejaarsvierings uitgebeeld as die kleindogter en helper van Djed Moroz.[1]