Sponsdier
From Wikipedia, the free encyclopedia
Sponse of sponsdiere is die mees basale klade diere van die filum Porifera (betekenis: "spoordraers").[2] Hulle is veelsellige organismes van die subkoninkryk Parazoa, en hul lywe is vol porieë en kanale wat water daardeur laat sirkuleer.
Kitsfeite Wetenskaplike klassifikasie, Klasse ...
Sponsdier | |
---|---|
Aplysina archeri. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Animalia |
Filum: | Porifera Grant, 1836 |
Klasse | |
| |
Sinonieme | |
Sluit
Sponse het ongespesialiseerde selle wat in ander soorte selle kan verander en in die proses dikwels migreer tussen die hoof-sellae en die mesohyl (interne gelatienagtige stof). Sponse het nie senu-, verterings- of asemhalingstelsels nie. In plaas daarvan steun die meeste op die handhawing van ’n konstante watervloei deur hul lywe om kos en suurstof te kry en afvalstowwe te verwyder.