Star Trek is ‘n Amerikaansewetenskapsfiksie-vermaakkonsessie wat deur Gene Roddenberry geskep is. Dit wentel grootliks om Star Trek se ses televisiereekse: The Original Series, The Animated Series, The Next Generation, Deep Space Nine, Voyager en Enterprise. Die konsessie sluit verder dertien langspeelfilms, dosyne speletjies, honderde novelle en ‘n tema-attraksie in Las Vegas (geopen in 1998 en gesluit in September 2008) in, benewens minstens twee reisende museumuitstallings van staanmaakmodelle. Beginnend by die oorspronklike televisiereeks en voortgesit deur die daaropvolgende films en tv-reekse, het die konsessie tot ‘n kultusfenomeen ontwikkel, wat die skepping van die ten volle funksionele Klingontaal meegebring het, en dikwels inslag in die gewilde media sou vind.[1] Na aanhangers van Star Trek word verwys as Trekkies of Trekkers.