Sterkstroom
Plek in die Oos-Kaap, Suid-Afrika / From Wikipedia, the free encyclopedia
Sterkstroom is 'n Oos-Kaapse dorpie op die Hexrivier aan die suidelike voet van die Stormberg, 272 km noordwes van Oos-Londen, op die R397-pad tussen Molteno en Queenstown.
Kitsfeite Land, Provinsie ...
Sterkstroom | |
---|---|
Koördinate: 31°34′0″S 26°33′0″O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Oos-Kaap |
Distrik | Chris Hani |
Munisipaliteit | Enoch Mgijima |
Stigting | 1875 |
Oppervlak | |
• Totaal | 21,1 km2 (8,1 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 7 165 |
• Digtheid | 340/km2 (900/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 4.2% |
• Indiërs/Asiërs | 0.2% |
• Bruin mense | 2.6% |
• Swart mense | 92.6% |
• Ander | 0.5% |
Taal (2011) | |
• Xhosa | 89.6% |
• Afrikaans | 6.1% |
• Engels | 2.0% |
• Ander | 2.3% |
Poskode (strate) | 5425 |
Poskode (posbusse) | 5425 |
Skakelkode | 045 |
Sluit
Dit is in 1875 deur die Nederduitse Gereformeerde Kerk aangelê en verkry munisipale status in 1898 toe 'n dorpsraad bestaande uit ses lede benoem is en alle regte van die dorp van die NG Kerk vir 'n bedrag van £5 000 gekoop is. Die naam verwys na die rivier.