Steroïed
From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Steroïed is 'n tipe organiese verbinding wat 'n kenmerkende rangskikking van vier siklo-alkaanringe besit wat aan mekaar verbind is. Voorbeelde van steroïede sluit in die dieetlipied cholesterol, galsure, die geslagshormone oestradiol en testosteroon[2] en die anti-inflammatoriese middel deksametasoon.[3]
Die kern van steroïede word saamgestel uit sewentien koolstofatome (wat aan mekaar verbind is) wat die vorm van vier saamgesmelte ringe aanneem: drie sikloheksaanringe (aangedui as ringe A, B en C in die figuur regs) en een siklopentaanring (die D-ring). Die steroïede wissel deur die funksionele groepe wat aan hierdie vierringkern geheg is, en deur die oksidasietoestand van die onderskeie ringe.
Sterole is spesiale vorme van steroïede, met 'n hidroksielgroep in posisie-3 en 'n skelet wat afgelei is van cholestaan.[1]