Teenaarde
hipotetiese planeet aan die ander kant van die Son vanaf die Aarde / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Teenaarde is 'n hipotetiese hemelliggaam wat aan die ander kant van die Sonnestelsel as die Aarde voorkom. Die bestaan van 'n Teenaarde, of Antichthon (Grieks: Ἀντίχθων), is uitgedink deur die pre-Sokratiese Griekse filosoof Philolaus (omstreeks 470-385 v.C.) om sy nie-geosentriese kosmologie te ondersteun. Daarin sou alle liggame in die heelal draai om 'n "Sentrale Vuur", wat nie van die Aarde af gesien kon word nie. Dit is onderskei van die Son, wat ook daarom gewentel het.
In moderne tye word 'n hipotetiese planeet wat aan die ander kant van die Son voorkom 'n "Teenaarde" genoem.[2] Dit is 'n herhalende tema in gerugte oor VVV's,[3] sowel as in fiksie (veral wetenskapsfiksie).