Venus van Willendorf
Oostenrykse Venusbeeldjie / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Venus van Willendorf is 'n 11,1 sentimeter hoë Venusbeeldjie wat na raming ongeveer 25 000-30 000 jaar gelede gemaak is.[1][2] Dit is op 7 Augustus 1908 gevind deur 'n werker genaamd Johann Veran[3] of Josef Veram[4] tydens opgrawings wat deur argeoloë Josef Szombathy, Hugo Obermaier en Josef Bayer by 'n Paleolitiese terrein naby Willendorf, 'n dorpie in Neder-Oostenryk gedoen is.[5][6] Dit is gekerf uit 'n olitiese kalksteen wat nie plaaslik in die area is nie, en met rooi oker getint. Die beeldjie is nou in die Natuurhistoriese Museum in Wene, Oostenryk. [7]