Volcán de Colima
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Volcán de Colima, ook bekend as die Volcán de Fuego, is 'n 3 820 m hoë vulkaan wat deel is van die Colima-vulkaankompleks in Mexiko. Die kompleks bestaan uit die Volcán de Colima, Nevado de Colima en die geërodeerde El Cántaro (gelys as rustend). Dit is die jongste een van die drie en is een van die aktiefste vulkane in Mexiko en Noord-Amerika. Dit het sedert 1576 al meer as 40 keer uitgebars. Een van die grootste uitbarstings was op 20-24 Januarie 1913.[2] Nevado de Colima, ook bekend as "Tzapotépetl", lê 5 km noord van sy aktiewer buurman en is hoër (teen 4 271 m).
Volcán de Colima | |
---|---|
Ligging | Jalisco / Colima, Mexiko |
Hoogte | 3 820+ meter bo seevlak |
Reeks | Transmexikaanse Vulkaangordel |
Koördinate | 19°30′46″N 103°37′02″W |
Bergtipe | Stratovulkaan |
Laaste uitbarsting | 2013 tot 2018 (en tans)[1] |
Ligging in Mexiko. |
Ondanks sy naam lê net 'n deel van die vulkaan in die deelstaat Colima; die grootste deel lê oor die grens in die naburige Jalisco. Dit is sowat 485 km wes van Mexikostad en 125 km suid van Guadalajara in Jalisco geleë.
Sedert 1869-1878 het 'n stel koepels, bekend as El Volcancito, aan die noordelike hang van die hoofkeël van die vulkaan ontstaan.[3]