Waterstofvliegtuig
From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Waterstofvliegtuig is 'n vliegtoestel wat nie deur 'n verbrandingsenjin met konvensionele fossiele energiebronne soos keroseen aangedryf word nie, maar in plaas daarvan gebruik van 'n elektriese enjin maak en brandstoftenks met vloeibare waterstof het wat deur brandstofselle in elektriese energie omgesit word. Tydens dié proses word geen nadelige uitlaatgasse vrygelaat nie.
Waterstof as brandstof maak vliegtuie geluidloos, trillingvry, ligter, veiliger en omgewingsvriendeliker as keroseen-aangedrewe toestelle, al sal hulle waterstoftenks drie keer so groot moet wees. Die eerste wetenskaplike studies aangaande waterstofvliegtuie het in Westerse lande reeds in die 1970's onder indruk van die destydse oliekrisis onderneem, maar alle navorsingsprojekte is later gestaak.
Daarenteen het die Sowjetunie op 15 April 1988 'n wetenskaplike mylpaal behaal toe die eerste Russies-ontwikkelde waterstof-aangedrewe passasiersvliegtuig, 'n Toepolef Tu-155, sy nooiensvlug voltooi het.[1][2] As gevolg van Rusland se strategiese energiebeleid het die fokus van navorsing na enjins met vloeibare aardgas verskuif. Waterstof-aangedrewe enjins word in Rusland as 'n tegnologie vir toekomstige supersoniese vliegtuie en die ruimtevaartbedryf beskou.
Tans doen lugvaartondernemings soos Boeing, Lange Aviation, EADS en DLR weer navorsing oor waterstof-aangedrewe vliegtuigenjins.